Electrical & Plumbing Services

Testimonials

Take a look at the following testimonials to see our level of electrical and Plumbing Services we offer our customers.

11 October 2012:

Vir die afgelope 4(vier) jaar gebruik ek die dienste van ”First TEK” (1TEK.) Na n periode van frustrasie en pyn met dienste maatskappye wat patetiese diens lewer, is ek aanbeveel deur n vriend om hulle te gebruik. Wat n bries van vars lug! Die staf is altyd vriendelik en behulpsaam. Die elektrisieens en loodgieters proffesioneel met n trots in hulle werk en sal sonder om te huiwer : ”–die ekstra myl loop” om n klient te help.

Ek beveel met graagte hierdie maatskappy aan enigiemand aan.

Callaghan
Capital Park
Pretoria


8 October 2012:

Isabel,

Ek wil vir jou baie dankie se vir julle goeie diens, en dit op n Saterdag-aand, EK WAARDEER DIT BAIE!!!

Ons het ‘n Eiendomsagentskap in Centurion, ek sal verseker van julle diens gebruik maak.

Dankie
Marietjie
PROPERTY DEN


28 September 2012:

Goeie middag,

Ons wil weereens baie dankie sê vir die puik diens wat julle vir ons gelewer het, veral rondom die ongeluk uit die plafon. Dis goed om te weet dat daar wel nog maatskappye is wat sulke goeie diens lewer.

Vriendelike groete,

Helene en Willie vd Westhuizen

Heléne van der Westhuizen
APTrans (SATI) / APVert (SAVI)
Language Practitioner / Taalpraktisyn


16 August 2012:

Great service from you and your company – 1st time in a long time I’m satisfied with a plumber’s work. Compliments to your technician for his knowledge and insight in helping me fix the correct problem, instead of my suggestion of moving the pressure valve around.

Will definitely use you again in future.

And please pass the compliment to your CEO or Manager?

Regards,
Koot de Klerk
Strategic Account Manager (Retail)
Bytes Managed Solutions


13 July 2012:

Goeie more

Baie dankie vir u spoedige en bevredigende diens.

Kobus Swart


24 June 2012:

Vir aandag: Liezl

Baie dankie vir julle vinnige reaksie!

Groete

Kobus Vorster


20 June 2012:

Vir wie dit mag aangaan:

Dankie Johannes, vir uitmuntende werk!

Graag wil ek met hierdie skrywe vir Johannes bedank vir uitmuntende werk!

Soos julle weet het die herstel van die interkomstelsel hier by ons by Arkansasstraat 530, uiters baie probleme gegee. Maar deur dit alles het Johannes sy meer as beste gegee, en hiervoor wil ons hom graag bedank.

Hy toon ‘n ongelooflike mate van werksetiek, proffesionaliteit en lojaliteit.

Ek glo dat hy ‘n aanwins vir julle onderneming is.

Ek hoop van harte dat julle hierdie skrywe persoonlik aan hom sal oordra.

Baie dankie.

Vriendelike groete
Tania vd Merwe


Dankie vir die goeie wyse en bekwaamheid dat u persoon (ek dink sy naam is
Francois) opgetree het by ons gisteraand.

Ons waardeer dit baie

Groete
Sarel Snyman.

To find out more information on our electrical or plumbing services, contact us.

css.php